Saturday, 19 April 2008

Briewe tussen die ver verwyderde familie

So more is de groot dag wat ek rachel se familie ontmoet. Ek het vanaand die huis mooi skoon gemaak.

Ek wonder maar net hoe voel julle oor al die sake. Dis seker moeilik om daar ver aan die ander kant van die wereld te wees terwyl al hierdie groot dinge n julle seun se lewe gebeur. Ek wens daar was nie soveel moeilike gapings tussen ons nie. Ek wens ek kon genoeg geld he sodat ek julle hiernatoe kon laat vlieg of ets. Maar tyd werk miskien soms in ander tipes siklusse en dalk is daar redes vir als wat ons eers ordentlik sal begryp wanneer ons weer mekaar sien. Miskien laat tyd en afstand sekere dinge toe om eers ordentlik te groei en ontwikkel.

Dis omtrent vyf weke of wat voor de baba ook oppad is, nog familie om te ontmoet, maar een ding op 'n slag. Soos julle seker weet, ek trou Sondag. Ek hoop julle is darem bly, al is dit half sad dat julle nie hier kan wees nie. Dis nogal 'n essensiele deel van die storie vir my om julle betrokke te he in als. Als begin nou iets soos 'n volle sirkel maak, selfs my kinderdae en als wat ons as familie deurgemaak het, skuif in volle perspektief. Ek dink daar's 'n groot omwenteling in die mens wat ek was toe julle afskyd van my geneem het. Dit was bietjie meer as 'n jaar gelede nou. Toe wou ek net wegvoeter en myself alleen in die wereld gaan vind. Nou wil ek net sorg dat die mense wat die naaste is in my hart gelukkig is. Daars min dinge so belangrik soos familie. Ek en Rachel het elkeen 'n paar goed neergskryf wat ons wil deel met ons vriende en familie op die troudag, en daarom wil ek dit vir julle ook stuur.

***

Hoe voel ons oor al die sake? Wat is elke ouer se grootste begeerte
vir sy kind? Sekerlik dat die kind 'n lang en baie gelukkige lewe sal
hê, met 'n vrou wat lief vir hom is, en kinders waarsonder die lewe
maar saai sou wees. Rachel skryf sulke mooi dinge oor jou en sê soveel
kere hoe lief sy jou het. Jy moet tog ten minste een keer per dag in
geen onduidelike taal vir haar sê hoe lief jy haar het.

Jy's reg dis nogal "weird" om te dink dat jy trou – ons kan eintlik
gladnie 'n prentjie maak van hoe dit by jou lyk en is nie. Dis regtig
jammer dat ons nie daar kan wees nie, maar nou het ons minstens regtig
rede vir 'n ordentlike "party" as julle eendag hier kom kuier – ons
sal daarvoor begin spaar so gou ons weet wat die huis wat ons wil bou
gaan kos (dit sal so binne 3 weke wees).

Jou familie hier gaan beslis al die pad in ons gedagtes by julle wees.
Ons gaan selfs 'n glasie klink op jou troue. Ons sou so graag daar wou
wees, maar nou ja, dit was regtig nie vir ons moontlik nie. Ek sal
darem graag die vrou wil ontmoet wat sulke mooi dinge oor jou sê.

Oupa Hannes en Ouma Sybil sê ek moet vir julle baie geluk sê en die
Here se rykste seën toewens. Tannie Toys ook. En Artos!

Ons is regtig opgewonde oor dit wat ons sien in jou as Louis aangaan –
dit lyk asof alles waarvoor ons deur die jare gebid en gewens het nou
bymekaar kom – weggaan was sekerlik die beste ding! Ons kan nie wag
om jou weer te sien en die grootmens Louis te ervaar nie!

Sê asb daar op die troue dat jou ouers, broer, suster, Annika, oupa en
ouma vir hulle groete stuur en dankie sê vir die troue wat hulle vir
julle gee en dat hulle jou in hulle familie opneem. "Groete uit
Afrika!" Ons hoop om hulle almal eendag te ontmoet.

Jy MOET die fliek Kiterunner kyk – dis 'n baie uitsonderlike fliek. In
die fliek is daar 'n troue en, anders as ons westerlinge, is dit nie
net die bruid en haar pa wat in die paadjie afloop nie – dit is die
bruid en die bruidegom saam met hulle ma's en pa's, met arms ingehak.
Dit was die mooiste ding wat ek nog gesien het. Ons sou so saam met
jou en Rachel en haar familie wou wees.

Jou storie laat mens twyfel aan toevalligheid en glo daar is tog rerig
'n God wat omgee en in beheer is. My wense vir jou en Rachel is (in
Engels sodat Rachel dit ook kan lees):

• May you be the best of friends for the rest of your lives;
• May you never stop saying how much you love each other;
• May you always regard your partner's interest higher than your own;
• May you never find it difficult to say "I'm sorry";
• May you never allow anything to damage your beautiful relationship;
• May you live this one life you have to your fullest potential –
physically, mentally and spiritually;
• May your children give you lots of pleasure and happiness; and
• May the God of your and my forefathers bless you and keep you, make
His face shine upon you and be gracious to you, turn His face toward
you and give you peace.

Baie liefde van jou familie

No comments: